Kenia stuur werkers na Israel

Kenia se regering het aangekondig hy stuur 1 500 plaaswerkers na Israel. Dit volg nadat Malawi onlangs meer as 200 jongmense gestuur het om op Israelse plase te werk. Israel het Afrikalande volgens berigte genader om ‘n ernstige gaping op sy plase te vul weens ‘n massa-uittog van buitelandse werkers na die begin van die Gaza-oorlog. Daar word berig meer as 10 000 migrantewerkers, meestal van Thailand, het vertrek uit Israel, wat Palestyne ook verbied het om op sy plase te werk. Werkers word ook gewerf in Uganda en Tanzanië.