Kenia maak inentings verpligtend vir dienste

Keniaanse owerhede het groot kritiek uitgelok met verpligte inentings wat teen 21 Desember nodig sal weens om toegang tot dienste in die land te verkry. ‘n Skamele 8,8 persent van die land se inwoners is reeds ingeënt en sommige kenners meen die Desember-teiken is onrealisties. Die land se gesondheidsminister Mutahi Kagwe het ‘n massa-inentingsveldtog van tien dae van stapel gestuur.