Kenia-Kaap tuk-tuk-reis kuier in Namibië

Vier jong mans is op ‘n avontuurlike reis van 18 000 kilometer in twee tuk-tuks vanaf Kenia na Kaap Agulhas om geld in te samel vir wildbewaarders. Josh, Jasper, Ivo en Robbie het met hul tuk-tuks in Namibië aangekom. Hulle is met groot opgewondenheid by Onguma Lodge naby Etosha verwelkom. Die drie Keniane en een Britse fotograaf kamp tans by Onguma Lodge en hulle leer meer oor die werk van teenstropings-eenhede, sê Onguma Lodge-bestuurder Yona Strijbis aan Kosmos 94.1 Nuus.