Trump gaan hof toe om te Jan. 6-komitee te keer

Oudpresident Donald Trump het ‘n regsgeding ingedien om te verhoed dat hy gedwing word om te getuig of enige dokumentasie te verskaf aan 6 Januarie-kongrespaneel wat die opstand ondersoek. Die komitee het eenparig ‘n dagvaarding uitgereik vir Trump om op, of omstreeks, 14 November voor hom te verskyn. Wetgewers het ook vandeesweek hul aanvanklike sperdatum van 4 November vir Trump om enige verwante dokumentasie in te dien, verleng. In sy stukke sê hy die dagvaarding skend sy grondwetlike reg op vrye spraak en beskryf die komitee se ondersoek as ‘n kwasi-kriminele geregtelike doodsondersoek. Die komitee het nog nie reageer op die stukke nie.