Kenia is opsoek na geotermiese energie

Die Keniaanse energievervaardiger, KenGen, het ‘n multimiljoen-dollar-tender vir die oprigting van ‘n geotermiese opleidingsentrum bekendgestel. Dit is om Kenia se potensiaal te versterk om as Afrika se voorste leier in geotermiese produksie te word. Die projek is deur die Wêreldbank se Internasionale Ontwikkelingsvereniging befonds en is tans op soek na hoofkontrakteurs. Volgens die tenderdokument moet die kwalifiserende ondernemings ‘n jaarlikse omset van 132 miljoen Namibiese dollar toon en moes hulle minstens reeds vyf soortgelyke projekte uitgevoer het. Die gerief sal na verwagting nege maande neem om te voltooi.