Kawana op besoek in Kunene

Namibiese minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, is op ‘n welwellindheidsbesoek aan die Kunenestreek. Hy wil ook sekere kapitaalprojekte soos die konstruksie van die streek se polisiehoofkwartier en –barakke besoek. Hy word van sy uitvoerende hoof, Etienne Maritz, en die nasionale polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, vergesel. Die polisie se streekskommissaris in die Kunene, James Nderura, vertel.