Kawana het sy bedenkinge oor vaderskapverlof

Die minister van binnelandse sake Albert Kawana, het sy bedenkinge uitgespreek oor die moontlikheid om vaderskapverlof in te stel, met verwysing na kommer dat dit reperkussies tot gevolg kan hê. Hy het spesifiek kommer uitgespreek oor jong mans wat moontlik verskeie vroue kan swanger maak en daarna langdurige verlof neem. Kawana het die opmerkings gemaak na ‘n mosie deur Winnie Moongo, PDM-LP, aangebied is. Die minister sê hy is bereid om dit te oorweeg in uitsonderlike omstandighede, soos wanneer die kind se ma ongeskik is of sterf. Maar hy sê kleinsake wat die mans in diens het sal verliese loop wat uiteindelik tot afleggings kan lei. Hy voeg by kraamverlof behoort verleng te word om te verseker dat moeders voldoende tyd het om na hul pasgeborenes te kyk.