Kawana besoek Erongo-streek vanaf môre

Die Namibiese minister van binnelandse sake dr. Albert Kawana besoek die Erongo-streek vanaf 6 tot 11 Julie. Die minister sal na verwagting die herdenking van die Internasionale Handwapenvernietigingsdag op 9 Julie bywoon en sal amptelik die kantore van immigrasie, polisie en korrektiewe dienste besoek. Daar sal ook op 7 Julie ‘n oorhandiging van identiteitsdokumente aan die Walvisbaai-brandslagoffers wees. Die woordvoerder van die ministerie Sakeus Kadhikwa gesels met Kosmos 94.1 Nuus.