Kavango-streke suip aan die agterspeen

Paulus Mbangu, raadslid van die landelike Rundu-kiesafdeling sê die afgelope 33 jaar het die bevolking- en behuisingsensus die twee Kavango-streke geensins gehelp in terme van beplanning of hulpbrontoewysing deur die regering nie. Die twee streke is uiters onder-ontwikkel en armoede is algemeen. Volgens Mbangu is daar in 1991, 1993 en 1994 deur die Nasionale Beplanningskommissie bevind dat die Kavango-streke die armste in Namibië is, maar die begrotingstoewysing van die regering was teenstrydig met daardie syfers. Hy bevraagteken dus die 2023 sensus en voeg by sonder begrotingstoekennings sal die stand van sake onveranderd bly.