Kavango Oos-goewerneur doen ook ‘n beroep oor veediefstal

Die goewerneur van die Kavango Oos-streek, Bonifatius Wakudumo stem saam met die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit dat ‘n einde aan die voortdurende gevalle van veediefstal teen die land se noordelike grense gebring moet word. Dr. Albert Kawana het vir verskerpte patrollies van grensbeamptes gevra toe hy fase een van die Namasira-polisie se opgeknapte kantore in Kavango Wes ingehuldig het. Volgens berigte het boere net in die Zambezi-streek verlede jaar 2 miljoen Namibiese dollar aan veediefstal verloor. Wakudumo het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig veediefstal is ’n groot probleem en hy voeg by dat die gemeenskappe met die polisie moet saamwerk om veediefstal in die land uit te roei.