Kavango-boer stoei voort in die hof teen ReconAfrica

‘n Boer in die omgewing van ReconAfria se eksplorasiegebied se hofsaak teen die olie-reus duur vandag voort voor regter Eileen Rakow. Andreas Sinonge beweer dat Recon grond vir boorwerk skoongemaak het sonder om hom behoorlik te raadpleeg of te vergoed. Die regsgeding beweer dat ReconAfrica nie die nodige toestemming, ingevolge die wetgewing gekry het nie. Sinonge het reeds ‘n klein oorwinning in die saak gehad omdat Recon nie ‘n aansoek kon bring om Sinonge se saak heeltemal ter syde te stel nie. Intussen vra Sinonge vandag dat verskeie kommunale grondrade bygevoeg word as aansoekers in die saak. Die aansoeke is reeds op die regstelsel ingedien en die saak kom vanmiddag vir ‘n statusverhoor voor.