Katutura-hospitaal is ‘n doodsvonnis – Venaani

Die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani sê die Katutura Staatshospitaal word landswyd gesien as ‘n simbool van die dood. Die leier van die PDM-party sê die publiek meen dat word jy daar opgeneem, jy jou eie doodsertifikaat teken. Venaani, wat by die party se sentrale komitee vergadering gepraat het, het ‘n beroep op die regering gedoen om ‘n nuwe staatshospitaal te bou en Katutura op te knap. In sy mening maak dit geen sin vir Swapo om ‘n nuwe hoofkantoor oorkant die vervalle hospitaal te bou nie. Hy sê mense lê en gaan dood as gevolg van tekorte aan toerusting en meer, en kyk hoe word Swapo se nuwe hoofkwartiere gebou.