Ausiku sê oor Kavango Wes

Die goewerneur van die Kavango Wes-streek Sirkka Ausiku het in haar streeksrede ‘n beroep op die sentrale regering gedoen om streekskantore in Kavango Wes te vestig om dienslewering te verbeter. Volgens Ausiku is daar verskeie opnames in die streek gedoen veral in verband met die volhoubaarheid van groenskemas, houtwerk, die bemarking van lewendehawe en beleggings in hernubare energie. Die vyf kernpunte is in haar mening van kritieke belang om werkskepping te bevorder en die streek te ontwikkel. Verskeie organisasies en federasies in die streek is gereed om saam met die streeksregering te werk om die projekte te ontwikkel en uit te brei. Die twee Kavango-streke word as die armste streke in die land ge-ag.