Katjiamo geskors, verhoor op pad

Die PDM se bestuurskomitee het besluit om sy raadslid vir Katutura-sentraal Rodman Katjiamo te skors. ‘n Verhoor sal gehou word in verband met sy gedrag, wat verband hou met die mislukte groep ondersteuners wat na die Statebondspele sou reis, ‘n geleentheid wat hy blykbaar gereël het en waarvoor daar tot 65 000 Namibiese dollar per persoon aan hom betaal is. Van die geld is na bewering deur hom verduister en dit het ook aan die lig gekom dat die hoofdoel van die reis was om asiel te soek in die Verenigde Koninkryk. Die Britse Hoë Kommissaris Charles Moore het ook onlangs daarvan melding gemaak en het bevestig dat 51 van Katjiamo se reisigers nie toelating na Brittanje kon kry nie. Dit is ook bevestig dat Katjiamo nie in Katutura-sentraal woon nie maar in Rocky Crest, wat teen die wet is. Dit blyk om net die begin van Katjiamo se uitdagings te wees. Daar word berig dat 14 deelnemers aan die reis na Brittanje regsadvies soek om hul fondse terug te kry.