Katjavivi ontvang, verwys, petisie van oud-Air Namibia-werkersNovember 24, 2022
Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het ‘n petisie in die parlement ter tafel gelê wat ontvang is van die komitee wat voormalige Air Namibia-werknemers in NV verteenwoordig. In die petisie eis die oud-Air Namibia-werkers ‘n vergadering met President Hage Geingob om van hul griewe met hom te deel. Hulle wil verder hê dat Geingob ‘n skikking oor die skeidingspakket-ooreenkoms wat tussen hulle en die regering onderteken is, moet bereik. Die voormalige werknemers eis ook ‘n vergadering met die ministers van finansies en justisie, asook die Air Namibia-likwidateurs. Die speaker het die petisie verwys na die parlementêre staande komitee wat vir die saak verantwoordelik is.