Katbokse vir Furries in skooltoilette steek weer kop uit

Berigte dat katbokse in verskeie skole regoor die VSA geplaas is vir kinders om te gebruik, doen volgens Amerikaanse media weer die ronde op sosiale media. Die berigte meen dat kinders wat as katte identifiseer, en blykbaar bekendstaan as Furries, kan dan die katbokse in die skole se badkamers benut. Die herlewing van die blatante fopnuus word volgens sommige mediahuise toegeskryf aan die middeltermyn verkiesings wat op 8 November plaasvind. Die kommer is, daar is mense wat dink dis waar. En in verband met Furries? Furries is mense wat dikwels hul eie alternatiewe dierepersoonlikheid skep, bekend as ‘n “fursona”, volgens die International Antropomorphic Research-projek. Hulle skryf menslike karaktertrekke aan diere toe en volgens kenners is Furries nie deel van die geslagdebat nie.