Katar: Namibiërs sal voordeel trek uit olie-sektor

Namibië en Katar fokus op die ontwikkeling van die olie-bedryf deur QatarEnergy se belegging in die onlangse olie-ontdekkings in die land deur TotalEnergies en Shell. Qatar se minister van energie, Saad bin Sherida Al Kaabi, het vandag tydens ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis, beklemtoon QatarEnergy belê in die oliebedryf deur hul vennote TotalEnergies, Shell, sowel as die regering, deur te verseker dat die ontwikkeling van die olie-bedryf tot voordeel van Namibiërs is. Al Kaabi sê die twee lande het goeie betrekkinge ontwikkel, daarom sal QatarEnergy sy ontwikkelingsplan aan die regering voorlê sodra die ekspedisie saam met die vennote voltooi is, om te verseker dat Namibiërs grootliks voordeel trek uit die olie-sektor.