Kasane is oop vir besigheid!

Die Kasane grenspos met Botswana is oop vir reisigers. Die buurland het die grens oopgemaak en daar is hoop dat dit ‘n hupstoot aan toerisme sal bied. Margaret Kalo, Hoof Skakelbeampte by die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en meer besonderhede gegee.