Karas-polisie slaan misdaad hok

Die streeksbevelvoerder van die polisie in die Karas-streek, Kommissaris Marius Katamila, skryf ‘n 37 persent afname in misdaad in die streek toe aan polisiesigbaarheid, vinnige reaksietye en die samewerking van die publiek. Driehonderd-agt-en-sewentig misdade is vanjaar aangemeld, vergeleke met 600 in dieselfde tydperk verlede jaar. Slegs nege huisbrake is aangeteken, in vergelyking met 39 die vorige jaar. Daar was twee moord- en drie verkragtingsake, en slegs vier verkeerverwante misdade. Dwelmsake het ook drasties afgeneem nadat daar op die leiers van die Hosh Hosh-bende toegeslaan is, sê Katamila.