Karas begin Vrydag ent

Die Karas-streek sal Vrydag 3 500 dosisse entstof ontvang en begin met die inentingsveldtog teen Covid-19. Die streek se Gesondheids Direkteur Sandra !Owoses het aan nuusagentskappe bevestig dat daar ‘n kumulatiewe totaal van 2 860 gevalle van Covid in die streek aangemeld is met 41 sterfgevalle. Sy het haar verbasing uitgespreek dat mense huiwerig is om die entstof te ontvang omdat Namibiërs daagliks ingeënt word teen ‘n verskeidenheid siektes. Gesondheidswerkers, polisie beamptes, lede van die media en beamptes by grensposte, sowel as vragmotor en bus bestuurders sal onder die teikengroep val.