Geen polio-druppels in voorraad nie

Daar is tans tekorte in die voorraad van polio-entstof in die land as gevolg van onderbrekings in die voorsieningsketting. Die eerste entstof teen die gevreesde siekte, wat bekend is as die polio-druppel en in die eerste 24 uur van ‘n baba se lewe toegedien word, word geraak. ‘n Moeder wat op 3 April geboorte geskenk het by die Sentraal Hospitaal in die hoofstad se baba is steeds nie geënt nie. Die Ministerie van Gesondheid se Woordvoerder, Ben Nangombe…