Berg Aukas steeds kurkdroog, nuwe pomp op pad

Boere teen die Berg Aukas-kanaal kry steeds nie water nie as gevolg van ‘n stukkende pomp. Die Omatakodam in die sentrale gebied wat Windhoek, Okahandja en meer insluit maak egter ook staat op die kanaal en is steeds dolleeg, terwyl die gebied waterskaarste beleef. Die kanaal wat vanaf die Berg Aukas-myn, buite Grootfontein suid loop, vorm deel van die sentrale gebied se noodskema. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, wat sê ‘n nuwe pomp is op pad.