Kaper met speelgoedvuurwapen se dood ondersoek

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die dood van ‘n vermeende kaper wat in Gugulethu in Kaapstad dood is. Opod se woordvoerder, Grace Langa, sê die man was na bewering vroeër die week betrokke by ‘n voertuigkaping in Delft. Twee verdagtes het vir die polisie weggejaag en teen ‘n muur gebots, waarna hulle te voet gevlug het. Langa sê een verdagte is doodgeskiet nadat hy ‘n wapen op die polisie gerig het en die ander verdagte is in hegtenis geneem.