Kansellasie van sensus het wel ‘n impak – ekonome

Ekonome stem nie saam met die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze wat sê daar sal nie ‘n wesenlike impak op beplanning wees met die uitstel van die 2021 sensus nie. Kandjoze sê daar is nie voldoende befondsing om die sensus uit te voer nie. Die data word as baie belangrik beskou vir ontwikkelingsplanne en beleid en volgens Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad is die amptelike syfers wat tans beskikbaar is reeds verouderd.