Kanjeke looi Okh in ouditverslag

Die Okahandja munisipaliteit het wetgewing in verband met plaaslike owerhede gebreek deur die raadslede te omseil in verband met transaksies ter waarde van 90 miljoen Namibiese dollar. Dit is die bevinding van die ouditeur-generaal Junias Kandjeke in sy oudit van die dorpsraad se sake vir die 2018-2019 finansiële jaar. Miljoene is afgeskryf, reëls en regulasies is nie nagekom nie en foute is gemaak in die toekenning van onder andere, betalings. Tussen 2015 en 2019 was die dorpsraad in totale chaos met politieke bakleiery en wanbestuur. Die destydse minister van stedelike ontwikkeling Peya Mushelenga het in Maart 2020 die dorpsraad geskors. Daar was ‘n aansoek in die hoërhof om die beslissing om te keer maar dit is verlede week van die hand gewys.