Kandjeke vir nog vyf jaar aangestel

Die Nasionale Vergadering het eenparig die heraanstelling van die Namibiese ouditeur-generaal Junias Kandjeke vir nog ‘n termyn van vyf jaar goedgekeur. Die heraanstelling van Kandjeke is deur President Hage Geingob aanbeveel en gemotiveer deur eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila. Kandjeke is in 2003 vir sy eerste termyn as ouditeur-generaal verkies. Parlementslede het Kandjeke lof toegeswaai vir die werk wat hy gedoen het oor die 20 jaar wat hy in die pos gedien het. Die parlementslede meen dat Kandjeke die administrasie van plaaslike owerhede en regeringskantore wat vrywarings of negatiewe menings gehad het, geweldig verbeter het.