20 Maart-optog: EFF sê DA is rassisties

Die EFF sê die DA se bewering dat sy planne om die buurland Maandag tot stilstand te bring gewelddadig sal raak, is rassisties. Die DA het aangekondig hy sal hof toe gaan en die gemeenskap mobiliseer teen, wat hy noem, die verregaande intimidasie en dreigemente van geweld wat die EFF rondslinger in aanloop tot die sluiting. Die EFF-woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê die DA se regsoptrede sal misluk omdat dit geen grondslag het nie en is ‘n swak publisiteitsfoefie om teen-demokratiese, regse kiesers tevrede te stel: