Kanadese weermag ontplooi om brande te bestry

Kanada het die weermag ontplooi om die veldbrande in Brits-Columbië te bestry met meer as 35 000 mense wat reeds ontruim is. Meer as 400 brande woed buite beheer. Brits-Columbië het ‘n noodtoestand afgekondig en ‘n verbod op nie-noodsaaklike reis ingestel om akkommodasie beskikbaar te stel. In sommige stede in Brits-Columbië was die luggehalte-indeks reeds bo 350 gemeet, wat as gevaarlik geag word. Daar word berig dat spesialiste uit die buiteland ook na Kanada op pad is om te help met brandbestryding.