Kanadese tennisspeler onttrek aan Australiese Ope weens geestelike welstand

Tennis: Bianca Andreescu van Kanada sê sy sal nie deelneem aan die Australiese Ope wat op 17 Januarie afskop nie. Die 21-jarige speler sê dit sal haar die geleentheid gee om geestelik en liggaamlik te herstel van ‘n moeilike twee jaar. Andreescu sê verskeie weke in kwarantyn, en haar ouma se opname in ‘n hospitaal weens Covid-19, het haar veral sleg gevang. Naomi Osaka, met vier Grand Slam-titels agter haar naam, het ook vroeër vanjaar die sport tydelik gegroet en haar geestesgesondheid as rede aangevoer.