Kanadese Osino noteer op die NSX

Osino Resources, wat in Kanada geregistreer is, is vandag op die Namibiese Effektebeurs genoteer. Die maatskappy bedryf die Twin Hills goudontginningsprojek naby Karibib. Die hoof uitvoerende beampte van die beurs, Tiaan Bazuin sê die notering val presies onder sy mandaat en doelwitte.

Bazuin sê die beurs sal verder groei maar, nie net as gevolg van die groen-waterstof projekte en die olie-ontdekking nie.