Kanadees wen Kanadese Ope vir eerste keer sedert 1954
Nick Taylor het ‘n ongelooflike arend op die vierde, ekstra uitspeelputjie van die Kanadese Ope gespeel om Tommy Fleetwood van Engeland op skouspelagtige wyse te klop. Hy het herstel van ‘n aanvangsronde van 75 om ná 72 putjies op 17 onder gelykop met Fleetwood te eindig voordat hy die wedstryd met ‘n skitterende arend van 72 voet voor ‘n opgewonde tuisskare beklink het. Die 35-jarige speler is die toernooi se eerste Kanadese wenner sedert Pat Fletcher dit in 1954 reggekry het. Taylor sê die oorwinning op tuisgrond is ‘n ongelooflike gevoel: