Kan Namibiërs ook laer brandstofpryse in nuwe jaar verwag

Data oor Suid-Afrika se brandstofpryse dui op groot dalings in Januarie 2023 om die nuwe jaar af te skop, en Namibiese motoriste hoop ook op goeie nuus. Die laer olieprys is die grootste rede vir die moontlike daling. Kosmos 94.1 Nuus het met petroleum-ekonoom Abednego Ekandjo gepraat of Namibiërs ook na verwagting minder by die brandstofpompe kan betaal.