Kan Namibië selfvoorsienend word met besproeiing?
Namibië het ‘n totaal van 52 000 hektaar grond wat besproei kan word, maar net 11 000 hektaar daarvan word tans benut. Die 5 000 hektaar wat by Neckartaldam vir besproeiing geïdentifiseer is, is in die groottotaal ingesluit. Groenskemas presteer egter jare lank nie goed nie en intussen is voedselsekerheid in gedrang. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels oor verwagtinge vir die Neckartaldam.
Op die vraag of Namibië selfonderhoudend kan word wat voedsel aanbetref, sê hy as water reg hanteer word, kan almal verras word met wat daar by die dam tot stand gebring kan word.