Kan Eskom sy noodsaaklike poste vul? Kenners sê nee

Die Suid-Afrikaanse energiekenner, Lungile Mashele, sê twyfel bestaan oor Eskom se vermoë om teen September alle noodsaaklike poste te vul omdat individue met spesiale vaardighede nodig is. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het op ‘n parlementêre vraag van die EFF onthul dat die kragvoorsiener teen September 1 700 poste wil vul. Die meeste van die poste hou verband met noodsaaklike verspreiding, transmissie en opwekkingseenhede. Mashele sê Eskom kan nie kla oor ‘n vaardigheidskrisis wat hy self geskep het nie.