Kameras in Suid-Korea se hospitale lok groot reaksie uit

Waarnemingskameras kan moontlik in hospitale in Suid-Korea geplaas word na ‘n reeks mediese ongelukke wat aan ongekwalifiseerde personeel toegeskryf word. Die parlement gaan oor die voorstel stem en as dit goedgekeur word, sal dit die eerste ontwikkelde land word waar operasies op geslotekring-kameras opgeneem word. Britse media berig hospitale en mediese groepe is in opstand oor die plan. Hulle sê dit sal dokters ondermyn en lei tot die ineenstorting van die gesondheidsorgstelsel.