Kamera-geheuekaart van Zuma gesteel

‘n Strafregtelike saak is geopen na die diefstal van ‘n kamera se geheuekaart met foto’s van die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma wat by ‘n gevangenis in KwaZulu-Natal opgeneem word. Korrektiewe Dienste sê die beeldmateriaal is gesteel van die kamera van die amptenaar wat opdrag gekry het om foto’s te neem vir liasserings-doeleindes. Die polisie én die departement ondersoek die aangeleentheid. ‘n Interne ondersoek het reeds onthul die kaart kon aangestuur gewees het na ‘n bekende uitsaaier.