Kallie Venzke herverkies as voorsitter van GOAN
Die Gun Owners’ Association of Namibia, oftewel GOAN, het tydens hul jaarvergadering in die hoofstad hul nuwe uitvoerende komitee gekies. Kallie Venzke is weer as voorsitter aangewys met Francois Marais die adjunk-voorsitter. Antonie Viljoen is die tesourier en Kirstin Maritz die sekretaresse. Die vereniging is in 2019 gestig om die belange van die Namibiese wapen-eienaars te beskerm.