Kakkerlak sal jou red na aardbewing

Navorsers in Japan het ‘n blink plan om slagoffers wat vasgekeer is onder tonne puin na ‘n aardbewing. ‘n Tipe halwe robotiese kakkerlak. Die navorsers het rugsakke met sonpanele vir die goggas ontwerp. Op die manier kan hulle die rigting waarin die kakkerlakke beweeg, beheer en daar is genoeg krag om sein terug te stuur. Die sonpaneel is eintlik ‘n dun film, 4 mikron om presies te wees en dis een 25ste die dikte van ‘n menslike haar. Die navorsing bou voort op vorige eksperimente wat eendag kan lei tot insekte wat gevaarlike gebiede baie doeltreffender as robotte kan binnegaan. Nou toe nou, ‘n sissende kakkerlak red jou lewe…