Kahlo-portret verkoop vir US$34,9m

‘n Self-portret deur die Mexikaanse skilder Frida Kahlo, het vir 34,9 miljoen Namibiese dollar op ‘n Sotheby’s veiling verkoop. Dit is volgens berigte die hoogste prys wat ooit behaal is vir ‘n skildery deur ‘n Suid-Amerikaanse skilder. Die portret, Ek en Diego, is in 1949 voltooi en beeld haar man Diego as ‘n ‘derde oog’ op haar voorkop uit. Haar hare is los en daar is trane in haar oë. Die koper van die stuk is nie bekend nie. Kahlo is in 1954 dood en het ongeveer 200 stukke kuns in haar loopbaan geskep.