Kabinet gee uiteindelik aandag aan Karas-inwoners
Die Namibiese kabinet het sy beslissing gegee oor die verslag van die sewende gewone vergadering van die Oranje-Senqu-rivierkommissieforum, bekend as Orasecom. Die kabinet het opdrag aan die ministerie van landbou gegee om watersanitasie te verbeter vir gemeenskappe langs die Oranjerivier en die Karas-streek in die algemeen. Die kabinet het ook die ministerie beveel om die voltooiing van die gesamentlike Noordoewer-Vioolsdriftdam se lewensvatbaarheid-studie te versnel, asook op te volg oor die Lesotho-Hoogland-waterprojek in die Oranje-Senqu-rivierbekken. Die inligtingsminister dr. Peya Mushelenga het meer inligting gegee.