Kabinet bespreek vandag shebeen eise

Die Namibiese Shebeen-vereniging het Maandag met verskeie ministers, die van gesondheid, toerisme, handel en binnelandse sake, vergader in verband met eise dat hulle weer op hulle persele drank mag verkoop. Die eienaars van die kroeë sê hulle word met die huidige maatreëls in bankrotskap in gedwing. Volgens Andreas Nuule, president van die vereniging, sal die kwessie vandag tydens die weeklikse kabinetsvergadering bespreek word.