Kaapstadse burgemeester verwelkom opheffing van nasionale ramptoestand

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die opheffing van die nasionale ramptoestand sal help om die ekonomie weer oop te maak. Hy is egter bekommerd die beperkings wat in plek is ingevolge die Rampbestuurregulasies, gaan meer permanent gemaak word onder die voorgestelde Wet op Gesondheidsregulasies. Die minister van samewerkende regering en rradisionale sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het gister gesê die regering het die publiek 48 uur gegee om kommentaar te lewer oor die besluit om die ramptoestand te beëindig en om nuwe maatreëls in te stel om die nagevolge van die pandemie te hanteer.