Kaapstad wil digitale reisigers lok

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad se nuwe vennootskap met Airbnb sal digitale reisigers lok. Kaapstad Toerisme het ‘n vennootskaps-ooreenkoms met Airbnb onderteken om die stad as die perfekte afstands-werksbestemming te bevorder. Hill-Lewis sê die stad onderhandel met die nasionale regering om langverblyf-werksvisums uit te reik om die projek ‘n hupstoot te gee en meer werksgeleenthede in die toerisme-sektor te skep.