Amerikaanse bergklimmer se liggaam in Nepal gevind

Die liggaam van ‘n Amerikaanse bergklimmer is gevind nadat sy Maandag teen ‘n berghelling in Nepal geval het. Helikopterspanne het die 49-jarige Hilaree Nelson se liggaam aan die suidelike kant van Berg Manaslu opgespoor. Sy en haar lewensmaat, Jim Morrison, het geski toe die voorval gebeur het en soekgeselskappe kon haar eers vandag opspoor. Vroeër is ‘n Nepalese gids dood en verskeie bergklimmers beseer ná ‘n sneeustorting teen die laer hange van die berg.