Kaapstad voorsien 722 ure se krag tydens beurtkrag

Die Stad Kaapstad sê hy het kliënte tussen Februarie en Julie vanjaar teen 722-ure van Eskom-beurtkrag beskerm. Die kragvoorsiener stel tans fase twee-beurtkrag in wat vanmiddag vieruur na fase vier opgeskuif word. ‘n Woordvoerder van die stad, Beverley van Reenen, sê hulle bly verbind om waar moontlik kliënte teen tot twee beurtkragfases te beskerm. Vir hierdie doel span hulle hoofsaaklik die Steenbras-hidro-pompbergingskema in: