Kaapstad trots sy is gasvrou vir T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue

Krieket: Die Stad Kaapstad sê hy is trots om aangewys te word as een van die gasvrou-stede vir volgende jaar se T20-Wêreldbekertoernooi vir Vroue. Krieket Suid-Afrika het die aankondiging gister gedoen. Die Internasionale Krieketraad het in 2020 aangekondig Suid-Afrika gaan die eerste T20 Wêreldbekertoernooi vir Vroue in Afrika van 10 tot 26 Februarie volgende jaar aanbied. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad se insluiting as ‘n gasvrou-stad onderskryf en weerspieël sy vermoë om groot internasionale geleenthede met sukses aan te bied.