Kaapstad sukkel met misdaad

Die Stad Kaapstad sê hy ervaar steeds massiewe uitdagings in die stryd teen misdaad reg oor die stad. Hy is egter bemoedig om te sien hoeveel van sy suksesse toegeskryf kan word aan inligting van lede van die publiek. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hulle praat dikwels oor gedeelde verantwoordelikheid, en openbare veiligheid is beslis een gebied waar ‘n vennootskap tussen gemeenskappe en wetstoepassingsagentskappe die sleutel is: