Kaapstad-stadion trek nuwe baadjie aan

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad het ‘n proses begin om ‘n nuwe gras-oppervlak in die Kaapstad-stadion te installeer, waar meer gebeurtenisse as ooit tevore gehou is. Hill-Lewis sê die toekomstige oppervlak sal ‘n kombinasie van kunsmatige en natuurlike gras wees en meer bestendigheid bied.