Beveg borskanker in Oktober

Oktober is bewusmakingsmaand vir borskanker. Die Kankervereniging van Namibië se jaarlikse Hats and Roses-veldtog het in verskeie dorpe van Namibië afgeskop. Borsondersoek en toetse vir servikale kanker sifting word uitgevoer vir vroeë opsporing. Die vereniging nooi alle vroue tussen 20 en 65 uit om hul klinieke te besoek vir ondersoek. Die volgende kliniek sal môreoggend vanaf nege-uur tot die middag half-vier in Gobabis se Epako-gesondheidsentrum gehou word.  Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen sê dit is pienk maand.