Kaapstad spog ook nou met effektebeurs

Die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor in Suid-Afrika het goedkeuring verleen om 4 Africa Exchange vanaf die eerste van volgende maand te herdoop na die Kaapstadse Effektebeurs. Dit volg nadat sy hoofkantoor na Kaapstad verskuif het. 4AX is ‘n aandelebeurs wat spesialiseer in die notering van aandele en skuld van klein tot mediumgrootte ondernemings, en is een van die twee gelisensieerde en gereguleerde aandelebeurse in Suid-Afrika. Die beurs sê in ‘n verklaring hy sal steeds ‘n teenwoordigheid in Johannesburg hê en voortgaan om saam te werk met ondernemings oral in die streek.